Meer Oor Ons Skool

Kontak Pampoenpaleis

Skoolure

Weeksdae vanaf 07h00 tot 17h30. Die skool is reg deur die jaar oop en sluit slegs vir die feesreses in Desembermaand. (+/- twee weke)

Fooie

Eenmalige registrasiefooi.

Eenmalige jaarlikse skryfbenodighede- en produksiefooi wat die volgende insluit:

  • Goeie kwaliteit en dieselfde skryfbenodighede vir al die kleuters
  • Drie tot vier poppespelle of produksies van buite produksiehuise per jaar

‘n Jaarlikse skoolfooi wat oor elf of twaalf maande (ouer se keuse) betaal kan word en wat die volgende insluit:

  • Opvoedkundige program
  • Opvoedkundige hulpmiddels en apparate
  • Twee ligte maaltye (ontbyt en middagete) en drie versnaperinge per dag
  • Snoepie (‘n lekkertjie) twee maal per week
  • Toiletware, skoonmaak produkte en saniteringprodukte vir Covid-19 maatreëls